Oorspronklik – "The Biblical Truth About Sabbath-Keeping" deur die Bible Sabbath Association, Fairview, Oklahoma, VSA en vertaal deur Helmut Burger.

pdficon small - Transkripsie

Sondag, die eerste dag van die week, word feitlik universeel deur "belydende Christene" onderhou. En tog leer die Bybel dat die enigste dag wat Heilig is in die oë van God die sewende dag van die week is, genome die Sabbat in die Woord van God.

Die Romeinse kalender huidiglik in gebruik in die VSA, [en ook in Suid Afrika], toon die sewende dag van die week as Saterdag. In Europa egter, is die kalender verander om Sondag as die sewende dag van die week aan te gee.Ten spyte hiervan bly Saterdag die ware bybelse Sabbatdag, Heilig voor God. Die Bybel gee uitdruklik opdrag: "Exo 20:8-11  Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.  (9)  Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;  (10)  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.  (11)  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Hier volg 36 diepgaande redes uit die Skrif waarom ons die sewende dag Sabbat as die weeklikse dag van aanbidding van God, behoort te onderhou.

  • 01) God het die Sabbatdag in die begin geskep (Gen. 2:3).
  • 02) God het op die sewende dag van Sy skepping en werke gerus (Gen. 2:2).
  • 03) Die Sabbat is vir die mens gemaak, dit is, vir die ganse mensdom (Mark. 2:27).
  • 04) God het die sewende dag geseën want, op daardie dag het Hy gerus van die werke van Sy skepping (Gen. 2:2; Eks. 20:11).
  • 05) God het die sewende dag geseën en dit die Sabbat genoem (Eks. 20:10-11).
  • 06) Nie alleen het God die sewende dag geseën nie maar Hy het dit ook deur Sy teenwoordigheid en deklarasie geheilig (Gen. 2:3).
  • 07) Daar is geen skriftuurlike rekord dat God ooit Sy seën oor die sewende dag verskuif het na `n ander dag van die week nie.
  • 08) God se mense het die Sabbat nog voor die gee van die tien gebooie by Sinaï, onderhou. (Eks. 16:22-26).
  • 09) God het dit verordineer dat die mens die Sabbat moet onderhou (Eks. 20; Heb. 4:3-9).
  • 10) God verbied werk op die Sabbat, selfs in oestyd (Eks. 34:21).
  • 11) God beloof Sy seën oor die nie-Israeliete, d.i., alle nasies, as hulle die Sabbat onderhou (Jes. 56:2).
  • 12)God beloof om enigiemand wat die Sabbat onderhou, te seën (Jes. 56:2).
  • 13) Ons vind nêrens in die Skrif `n opdrag om enige ander dag van die week as heilig en as `n plaasvervanging vir die Sewende dag Sabbat te onderhou nie.
  • 14) God noem die Sabbat Sy heilige dag (Eks. 20:10; Lev. 23:2-3; Jes. 58:13;Mark. 2:28).
  • 15) Die onderhouding van die Sabbate, weekliks en jaarliks, is `n teken tussen God en Sy mense (Eks. 31:12-17).
  • 16) Die Sabbatsgebod, een van die langstes van die tien, is aan God se mense gegee sodat hulle hul liefde vir God en gehoorsaamheid aan God kan betoon (Eks. 20:8-11; Deut. 5:12-15; Matt. 22:37-40).
  • 17) Jesus het die Sabbat as gewoonte onderhou wat Sy liefde en gehoorsaamheid aan God die Vader getoon het (Luk. 4:16).
  • 18) Jesus is Here van die Sabbat – gevolglik is die Sabbat die WARE DAG VAN DIE HERE (Mark. 2:28; Jes. 58:13; Matt. 12:8).
  • 19) Jesus het die Sabbatsgebod as bindend beskou (Matt. 12:12; 5:17-18; Mark. 3:4.
  • 20) Jesus Christus het Sy Vader se gebooie onderhou welke die sewende dag Sabbat insluit (Joh. 15:10; 8:29;5:46-47).
  • 21) Die Sabbat was onderhou ten tyde van die kruisiging (Luk. 23:56).
  • 22) Die onderhouding van die Sabbat was `n gewoonte van Paulus jare na die kruisiging (Hand. 17:2).
  • 23) Paulus het die Sabbatdag erken en onderhou gedurende sy bediening, ongeveer 45 n.C. (Hand. 13:27).
  • 24) Paulus het die nie-Jode, op hulle versoek, op die Sabbatdag geleer (Hand. 13:42).
  • 25) Paulus het `n hele stad toegespreek en geleer op die Sabbatdag (Hand. 13:44).
  • 26) Paulus het `n gebedsbyeenkoms op die Sabbatdag, toe `n sinagoge nie beskikbaar was nie, bygewoon (Hand. 16:13).
  • 27) Dit was Paulus se gewoonte om Jesus Christus op die Sabbatdag te verkondig (Hand. 17:2-3).
  • 28) I Korinthe het Paulus vir `n hele jaar en `n half elke Sabbatdag gepreek (Hand. 18:1-4,11).
  • 29) Jakobus het die sewende dag Sabbat baie jare na die opstanding van Christus erken (Hand. 15:21).
  • 30) Die sewende dag Sabbat sal tydens die millenium, (1000 jarige Vrederyk), onderhou word (Jes. 66:23).
  • 31) Die apostel Paulus maak dit duidelik dat die dag van rus, die sewende dag Sabbat, as heilige dag onderhou moet word (Heb. 4:4-9).
  • 32) Die heiligheid van die sewende dag was nooit deur Jesus of die apostels oorgedra na `n ander dag nie en dit het ook nie verander as gevolg van Jesus se opstanding nie. Jesus het opgestaan aan die einde van die Sabbatdag en nie op Sondag nie (Matt. 28:1-6).
  • 33) Sabbatsonderhouding is `n vereiste vir ewige lewe aangesien dit van `n Christen verwag word om al tien van God se gebooie te hou (Matt. 19:17; Openb. 22:24).
  • 34) Die sewende dag Sabbat bly die rusdag vir God se mense (Heb. 4:9).
  • 35) Jesus het gewaarsku dat in die eindtyd, wanneer die verdrukking begin, ons mmoet bid dat ons nie op die Sabbatdag hoef te vlug nie (Matt. 24:20).
  • 36) Die teken van God se mense in die eindtyd sal wees dat hulle God se gebooie hou (Openb. 12:17; 14:12).

Books